AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Bronkhorstspruit-tak vul slaggate


Die AfriForum-tak in Bronkhorstspruit het verlede week slaggate in dié dorp opgevul teen ’n koste van nagenoeg R26 000 as deel van die burgerregte-organisasie se #OnsDorp-veldtog.
Slaggate is in die volgende strate opgevul: Op die hoek van Burger- en Cilliersstraat, op die hoek van Cilliers- en Markstraat, op die hoek van Cilliers- en Cornelisstraat, op Prinsloodraai en tussen Prinsloo- en Fiddesstraat, op die hoek van Burger- en Cilliersstraat, asook in Anglestraat, Fiddesstraat, tussen Angle-, Noord- en Cathiestraat, en tussen Kerk- en Cilliersstraat.

“Dit was goeie voorbereiding vir die afgelope naweek waar ons as tak ook ’n gebied by die park in Bronkhorstspruit, naby die Cathiestraatbrug net voor dit oor die N4-snelweg gaan, skoongemaak het” sê Magda Lewis, voorsitter van AfriForum se Bronkhorstspruit-tak.
“Dit is lekker om te sien hoe dié tak volstoom voortwoeker,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Pretoria-Suid.

Besoek www.onsdorp.co.za en gee aan AfriForum ’n mandaat om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak en raak self ook betrokke.

Soortgelyke plasings