AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Bronkhorstspruit-tak maak park skoon


AfriForum se Bronkhorstspruit-tak het die afgelope naweek ’n plaaslike park skoongemaak as deel van dié tak se #OnsDorp-veldtog. Twaalf mense het gehelp om die park links van die Cathiestraatbrug langs die N4-snelweg op te ruim.

“Ons bedank graag Bronko Tool Hire vir die borg van kettingsae en brandstof. Golf Echo Response het weer eens sekuriteit verskaf en selfs gehelp om die afgesaagde bome weg te ry, waarvoor ons ook baie dankbaar is,” sê Magda Lewis, voorsitter van AfriForum se Bronkhorstspruit-tak.
“Die Bronkhorstspruit-tak is die afgelope maand volstoom aan die werk en beplan om soortgelyke aksies voortdurend van stapel te stuur,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Pretoria-Suid.

Besoek www.onsdorp.co.za om aan AfriForum ’n mandaat te gee om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak of om self betrokke te raak.

Soortgelyke plasings