AfriForum se Nylstroom-buurtwag trek misdadiger vas


AfriForum se Nylstroom-buurtwag het op 11 November 2018, in samewerking met BAS Sekuriteit en die SAPD, ’n misdadiger vasgetrek.

Dit volg nadat ’n buurtwaglid op patrollie was en vir bystand by die poskantoor geroep het. Lede van die buurtwag en BAS Sekuriteit is na die toneel ontbied toe die verdagte probeer vlug het. Die verdagte is later met gesteelde goedere in sy besit by ’n verlate gebou aangekeer, aan die SAPD oorhandig en gearresteer.

“Ons as AfriForum-buurtwag sal, in samewerking met die SAPD, alle moontlike pogings aanwend om misdaad in Nylstroom hok te slaan. Goeie kommunikasie tussen die verskillende rolspelers was beslis die sleutel tot sukses tydens hierdie arrestasie,” sê Riaan Holtzhausen, voorsitter van AfriForum se Nylstroom-buurtwag.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings