AfriForum se Nylstroom-buurtwag hou veiligheidsaksies saam SAPD


Die AfriForum-buurtwag in Nylstroom het in samewerking met die SAPD die afgelope naweek twee veiligheidsaksies in dié dorp gehou. ’n Padblokkade is gehou waartydens 183 voertuie en 224 persone deursoek is, terwyl 55 voertuie ook getoets is. Voorts het daar Saterdagaand ook ’n patrollie plaasgevind waartydens 12 arrestasies gemaak is vir onder meer dronkbestuur en onwettige immigrasie.

Volgens Riaan Holtzhausen, voorsitter van AfriForum se Nylstroom-buurtwag, was die operasie ’n reusesukses danksy goeie samewerking tussen die verskillende organisasies. “Die operasie is vir ons weer eens ’n bewys dat daar waar die gemeenskap saamstaan, saamwerk en die polisie ondersteun, ’n daadwerklike verkil gemaak kan word. AfriForum sal graag wil voortbou op hierdie sukses en die bande tussen die buurtwag en die SAPD selfs verder versterk.”

Holtzhausen bedank ook die SAPD vir die goeie werk wat hulle in die gemeenskap verrig, asook hulle bereidwilligheid om vrywilligers by hulle operasies te betrek.
Raak vandag nog by jou plaaslike buurtwag betrokke: SMS “Veiligheid” na 45340 (R1) of skakel Marie Scheepers by 071 292 0093.

Soortgelyke plasings