|

AfriForum se nuutgestigte Geelhoutboomplaaswag ontvang opleiding

Lede van die burgerregteorganisasie AfriForum se Geelhoutboomplaaswag net buite George, het op 17 Oktober 2019 opleiding in regsaspekte ontvang. Die opleiding behels onder andere bepalings van die strafprosesregwet en het ten doel om lede van die plaaswag met die nodige kennis toe te rus om die gebied waarvoor hulle verantwoordelik is, binne die raamwerk van die wet te kan patrolleer.

David Olivier, AfriForum se streeksopleidingsbeampte, het die opleiding behartig. “Dit is seker dié belangrikste module van opleiding vir nuwe gemeenskapsveiligheidstrukture. Met die opleiding verseker ons dat plaaswaglede die kennis het om professioneel en binne die raamwerk van die wet op te tree,” sê Olivier.

Raak vandag nog by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke: SMS “Veilig” na 45352 (R1).

Soortgelyke plasings