AfriForum se Mpumalanga-buurtwagte neem aan nasionale patrollies deel


AfriForum se buurtwagte sowel as plaaswagte in Witrivier, Piet Retief, Machadodorp, Lydenburg, die Cairn Burnside-plaaswag (Nelspruit), Witbank, die Argent-plaaswag (Delmas), Standerton en Secunda het die afgelope naweek deelgeneem aan verskeie patrollies in samewerking met ander veiligheidstrukture.
Dié patrollies, wat deel vorm van AfriForum se nasionale patrollies wat tans gehou word, se mikpunt is om sigbaarheid in die gemeenskap te verhoog en het afgeskop op 2 Desember 2017 om 18:00. Voorvalle is aangemeld en hulp is verleen waar nodig.
Sowel verskeie privaat sekuriteitsinstansies as mediese diensverskaffers is genader. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) was ook teenwoordig en het hulp gebied waar nodig.
Altesaam 7 200 km is tydens dié patrollies deur 107 voertuie afgelê, terwyl 183 patrolleerders deelgeneem het en ’n totaal van 1 022 manuur afgelê is.

“Goeie samewerking en beplanning het van dié aksie ’n reusesukses gemaak en die gemeenskap kan trots wees op wat hulle bereik het. Dit is verblydend om te sien dat die onderskeie gemeenskappe eienaarskap van ’n probleem vat en in samewerking met die SAPD die probleem aanspreek,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder in Mpumalanga.

Soortgelyke plasings