AfriForum se Mosselbaai-tak vergader met stadsraad

 

Die bestuur van die AfriForum-tak in Mosselbaai het op 7 Februarie 2017 ’n ininligtingsessie vir die uitvoerende raad van die Mosselbaai Plaaslike Munisipaliteit aangebied.
Die doel van die vergadering was om die burgemeester en munisipale bestuur van AfriForum se aktiwiteite in die dorp in te lig.
Louis Cook, voorsitter van die AfriForum-tak in Mosselbaai, sê dat hy daarna uitsien om bande tussen AfriForum en die plaaslike munisipaliteit te versterk. Hy noem voorts dat AfriForum tevrede is met die toestand en onderhoud van die dorp se infrastruktuur en dat, indien daar wel uitdagings opduik, die tak die munisipaliteit onverwyld sal nader.
Die onderburgemeester, Dirk Kotze, het AfriForum vir hul toegewyde diens aan die gemeenskap bedank en sê dat daar hard gewerk sal word aan kwessies wat die gemeenskap raak.
SMS jou naam na 45265 om ’n lid van die organisasie te word (R1/SMS).

Soortgelyke plasings