AfriForum se Mosselbaai-tak loods skoonmaakaksie


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Mosselbaai-tak het in samewerking met Stranded Marine Animal Rescue Team (SMART), die Wildlife and Environmental Society of South Africa (WESSA), Interwaste, Mosselbaai Plaaslike Munisipaliteit en Transnet National Ports Authority (TNPA) ‘n strand-skoonmaakaksie vanaf Santosstrand tot by Klein Brakrivier geloods. Kobus Neethling, AfriForum in Mosselbaai se voorsitter van omgewingsake, het sy sleepwa voorsien vir die verwydering van die vullis wat opgetel is.
Die AfriForum-tak en bogenoemde organisasies het ‘n totale area van ongeveer 21 km langs die kus skoongemaak.

“Danksy goeie samewerking tussen AfriForum, die plaaslike munisipaliteit en ander organisasies, is ons bevoorreg om nou met skoon strande in ons area te spog,” sê Louis Cook, voorsitter van AfriForum se Mosselbaai-tak.

Om by die Mosselbaai-tak betrokke te raak, stuur ‘n e-pos na deon.dejager@afriforum.co.za en maak ‘n verskil.

Soortgelyke plasings