AfriForum se Moot-tak plant bome by Laerskool Wonderboom-Suid


Die AfriForum-tak in die Pretoriase Moot het op 16 Maart tien geelhoutbome by die Laerskool Wonderboom-Suid geplant. Die geelhoutboom (Podocarpus latifolius) is Suid-Afrika se nasionale boom. Wildflower Nursery – ’n kwekery wat slegs inheemse bome verkoop – het dié bome geskenk.

“Bome is ’n belangrike deel van die ekostelsel en ’n natuurlike hulpbron waarsonder niemand in staat sal wees om te oorleef nie,” sê Nikette Laing, takbestuurslid van AfriForum se Moot-tak.

AfriForum moedig gemeenskappe aan om inheemse bome te plant wat in hul omgewing sal aard.

“Die aanplant van inheemse bome is belangrik vir die rol wat dit in die ekostelsel speel, en dit is ook ’n erfenis vir ons nageslag. Ten einde van dié land ’n sukses te maak, moet alle landsburgers hul deel doen en aanhou bou sodat ons almal kan floreer,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.

Die plaaslike gemeenskap word aangemoedig om by AfriForum se Moot-tak betrokke te raak en deel te word van ’n beter toekoms: SMS “Moot” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings