AfriForum se Moot-buurtwag neem aan gesamentlike aksie deel


AfriForum se Moot-buurtwag het die afgelope week op uitnodiging van en in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in die Moot ’n suksesvolle beveiligingsaksie uitgevoer.
Altesaam 14 persone het aan dié patrollie deelgeneem, waartydens 18 arrestasies uitgevoer is, onder meer weens openbare dronkenskap en onwettige immigrasie.

“Ek is trots dat soveel mense by veiligheidsaksies in ons gemeenskap betrokke is. AfriForum is dankbaar vir elkeen wat hul tyd opoffer om ’n verskil te maak,” sê Thinus Erasmus, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Moot-tak.
“Dit is baie belangrik dat ’n gemeenskap moet saamwerk om misdaad te beveg, eerder as wat verskeie instansies afsonderlik probeer om ’n verskil te maak. Deur saam te staan, is ons sterk,” sê Lambert de Klerk, distrikskoördineer vir AfriForum in Gauteng. “Ons sal voortdurend nuwe projekte in samewerking met die polisie aanpak om misdaad in ons dorpe hok te slaan.”

AfriForum doen ’n beroep op die verskeie gemeenskappe in die Tshwane Metropool om by hul plaaslike AfriForum-tak in te skakel en aan buurtwagaktiwiteite deel te neem. Stuur ’n e-pos na lambert@afriforum.co.za vir meer inligting hieroor.

Soortgelyke plasings