Spyskaart +

AfriForum se Mooinooi-tak gaan groen in Boomplantmaand

September 16, 2015 deur Mariska Batt

Die AfriForum-tak in Mooinooi het hul omgee vir die natuur gewys deur 17 inheemse bome by verskeie skole in die dorp te plant.

Daar is een olienhoutboom by die Raasbekkies-kleuterskool geplant; twee olienhoutbome by die Morsjorsies-kleuterskool; drie olienhoutbome, twee kareebome en een witstinkhoutboom by Laerskool Elandskraal en vier olienhoutbome, drie kareebome en een witstinkhoutboom by Silver Creek College.

Lambert de Klerk, AfriForum se assistentkoördineerder, sê dit is baie belangrik vir leerlinge om aan aksies soos hierdie deel te neem, sodat hulle die belangrikheid van bome kan besef.

“Ons wil ook vir Johann Kapp en Pieter van Rensburg bedank vir die skenking en plant van die bome,” sê Annelien Crock, voorsitter van die Mooinooi-tak.