AfriForum se Middelburg-tak loods skoonmaakprojek

Die AfriForum-tak in Middelburg het die afgelope week ’n projek geloods om hulle dorp skoon te maak.Meer as 82 voersakke en nagenoeg 30 swartsakke vol vullis is in ’n gedeelte van die dorp opgetel wat die volgende strate insluit: Verdoorn, Wes, Cowen Ntuli, Laver, Sacd, Sangiro, Wassenaar, Jan Cellies, Vermaas, Hoop, Buitekant en Lillian Ngoyi.

“Hierdie strate word daagliks deur honderde motoriste gebruik, daarom is die netheid van die area baie belangrik. AfriForum sal voortgaan om ander probleemareas in die dorp met soortgelyke selfdoenaksies reg te ruk,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.
“AfriForum se Middelburg-tak wil tot ’n beter, skoner en veiliger gemeenskap bydra en ons vra dat inwoners by ons plaaslike tak en buurtwag betrokke raak. Vir meer inligting, skakel gerus ons noodnommer by 076 634 6780,” voeg Johan de Beer, voorsitter van die AfriForum-tak in Middelburg, by.

Soortgelyke plasings