AfriForum se Meyerspark-buurtwag trek inbreker vas


’n Lid van AfriForum se Meyerspark-buurtwag het op die oggend van 24 Januarie 2019 twee verdagtes opgemerk wat oor ’n muur in Willow Park Manor gespring het. Hy het die verdagtes agtervolg en uit die area verjaag.

Sowat ’n halfuur daarna is ’n inbraak in Meyerspark oor die radio gerapporteer. Patrollievoertuie is ontbied en een van die verdagtes is met gesteelde goedere in sy besit betrap. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) was kort daarna op die toneel en die verdagte is gearresteer. Een van die gesteelde items was ’n persoonlike rekenaar met vertroulike inligting op.

“Die buurtwag se vinnige reaksie en samewerking met die SAPD was uitstekend,” sê André Badenhorst, voorsitter van AfriForum se Meyerspark-tak.
“Hierdie is ’n uitstekende voorbeeld van ’n goed georganiseerde buurtwag wat vinnig gereageer het en ’n suksesvolle uitkoms help verseker het,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

Gemeenskapslede word genooi om by AfriForum betrokke te raak: SMS “Meyerspark” na 45341 (R1), of stuur ’n e-pos aan lambert.deklerk@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings