|

AfriForum se Meyerspark-buurtwag oefen breek-en-gryp-teenkamping

Lede van AfriForum se Meyerspark-buurtwag het op 10 September 2019 hul aksieplan ingeoefen om breek-en-gryp-voorvalle in die area af te weer. Dié oefening vorm ook deel van die buurtwag se beplanning vir en voorbereiding op die nasionale patrollie wat later vanjaar gaan plaasvind.

Die aksie is aangepak omdat daar heelwat breek-en-gryp-voorvalle in die omgewing voorkom. Die oefening het die voorkoming van breek-en-gryp-voorvalle by verskeie brandpunte in die gebied behels.

“Ons het veral op die afritte van die N4 na die Meyerspark-gebied gefokus,” sê André Badernhorst, voorsitter van AfriForum se Meyerspark-tak. Badenhorst sê ook dat dié tipe aksies beslis ’n positiewe impak op die gemeenskap het. “Ons doen operasies soos hierdie al vir ’n geruime tyd en dit het tot ’n groot afname in soortgelyke voorvalle gelei.”

Tien AfriForum-buurtwaglede het aan die oefening deelgeneem.

“Ons is dankbaar vir vrywilligers wat ons help om ons woonbuurt te beveilig. AfriForum sal met soortgelyke aksies aanhou om misdaad in die omgewing te bekamp,” sluit Banderhorst af.

Sluit vandag nog by die Meyerspark-buurtwag aan: E-pos Alice Cory by accmed35@gmail.com of SMS jou naam na 45341(R1).

Soortgelyke plasings