AfriForum se Matzikama-tak verkies nuwe bestuur


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Matzikama-tak het op 16 April ’n nuwe bestuur verkies.
Die nuwe takbestuur bestaan uit Wilfred Stephan (voorsitter), Juan Swart (ondervoorsitter), Wilco Engelbrecht (tesourier en voorsitter van gemeenskapsveiligheid) en Pierre van Zyl (sekretaris).

“Ons besef dat ons ’n reusetaak op hande het en gaan onmiddellik aan die werk spring deur met onderhandelings met die plaaslike owerheid te begin,” sê Wilfred Stephan, voorsitter van AfriForum se Matzikama-tak.

Raak vandag nog by AfriForum se Matzikama-tak betrokke: SMS “Matzikama” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings