|

AfriForum se Matlabas-buurtwagte ontvang opleiding

Die AfriForum-buurtwagte in Matlabas-Noord, -Suid en -Wes het op  21 en 22 Maart 2020 noodhulpopleiding ontvang.

Emcare Health & Safety in Ellisras het vlak 3-noodhulpopleiding vir 21 lede van dié buurtwagte aangebied. Lede is ook toegerus met noodhulpsakke wat die nodige toerusting bevat om basiese noodhulpbystand te bied.

“Opleiding vir ons buurtwagte is van kardinale belang. Dit verseker dat ons beter bystand aan ons gemeenskap kan bied binne die raamwerk van die wet,” sê Pieter Lamprecht, voorsitter van AfriForum se Thabazimbi-tak.

Raak vandag nog by AfriForum se Thabazimbi-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45340 (R1) en word deel van die oplossing.

Soortgelyke plasings