AfriForum se Machadodorp-tak maan munisipaliteit aan


AfriForum se Machadodorp-tak het onlangs die Machado-Centenary-dam besoek ten einde strukturele foute te identifiseer.

“Die tak het bevind dat daar strukturele skade aan die damwal is omdat die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit nalaat om die dam in stand te hou. Water syfer onder die wal deur en daar is ook gate daarin. Die wal is so swak dat dit onveilig is om oor te loop, aangesien gedeeltes daarvan besig is om inmekaar te sak en kan wegspoel met die eerste groot reëns,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga-Oos.

Die dam dien as ’n noodwaterbron vir die dorp indien die Elandsrivier opdroog. Dit is voorts ’n toeriste-aantreklikheid en talle hengelaars besoek die gebied.
AfriForum het na afloop van die besoek aan die dam onmiddellik ’n skrywe aan me. E.K. Tshabalala, die munisipale bestuurder, gerig ten einde haar van die probleem te vergewis. Die skrywe gee die munisipaliteit 14 dae om ’n plan bekend te maak om die damwal te herstel. Indien die munisipaliteit nie optree nie, beplan AfriForum om verdere stappe te neem.
Raak by AfriForum se Machadodorp-tak betrokke: SMS “Dam” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings