AfriForum se Machadodorp-tak en SAPD span saam teen misdaad


 Machadodorp se AfriForum-tak het op 7 Februarie 2017 ’n afskrif van die samewerkingsooreenkoms wat op 16 Januarie 2017 tussen AfriForum en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Centurion gesluit is, aan kapt. Ngobe, bevelvoerder van die Machadodorp-polisiestasie, oorhandig. Die partye het ook ’n strategiese vergadering gehou waartydens verskeie probleme in dié dorp geïdentifiseer is.

“Die ooreenkoms het ten doel om ’n geïntegreerde benadering te volg om veiligheid te verbeter en gemeenskapsamewerking in die bekamping van misdaad te bevorder,” sê Gerald Smith, buurtwagvoorsitter van AfriForum se Machadodorp-tak.

Henrico Duvenhage, die buurtwagvoorsitter, sê dat die plaaslike tak baie opgewonde is oor die ooreenkoms en reeds goeie samewerking en ondersteuning van die SAPD ontvang.
Raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag. SMS “Buurtwag” na 45350 (R1 per SMS).

Soortgelyke plasings