AfriForum se Machadodorp-buurtwag en SAPD trek vermeende plaasaanvaller vas


Die AfriForum-buurtwag in Machadodorp het in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Waterval-Boven op Vrydag, 23 Junie 2017 ’n verdagte in hegtenis geneem wat na bewering met die plaasaanval op Donderdag, 22 Junie 2017 in dié omgewing verbind word.
Verskeie leidrade waaronder beeldmateriaal waarop die registrasienommer van die verdagte se voertuig gesien kan word, is gebruik om die verdagte op te spoor en in hegtenis te neem.
Die verdagte word verbind met die wrede aanval op twee bejaardes op ’n plaas in Waterval-Boven. Die slagoffers is erg aangerand en met ’n draad aan ’n houtpaal buite hul huis vasgebind.

“Deur goeie samewerking en flink optrede kon die buurtwag en SAPD die verdagte vastrek. Ons vertrou dat geregtigheid sal geskied en dat daar in die toekoms baie saamgewerk sal word om misdaad te help bekamp,” sê Henrico Duvenhage, buurtwagvoorsitter.

Soortgelyke plasings