AfriForum se Limpopo-buurtwagte hou massapatrollie


AfriForum se Ellisras-, Nylstroom-, Warmbad-, Tzaneen-, Matlabas- en Marble Hall-buurtwag het op 8 Maart 2019 ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Dié patrollie, wat in samewerking met die SAPD, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies uitgevoer is, het deel van AfriForum se nasionale patrollie gevorm.

Die patrollie het omstreeks 16:00 begin en tot 06:00 voortgeduur. Altesaam 348 patrolleerders het 7 472 km in 182 voertuie in oor 629 manure afgelê. Die buurtwagte het hulp verleen met 34 voorvalle wat tydens die patrollie plaasgevind het. Die Ellisras-buurtwag het ook in samewerking met die polisie aan ’n padblokkade deelgeneem.

“Die Limpopo-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies misdaad hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

Raak betrokke en sluit by jou naaste buurtwag aan deur die woord “veiligheid” na 45340 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings