| | |

AfriForum se Lichtenburg-tak skenk voedsel ter waarde van R15 000

Die AfriForum-tak in Lichtenburg het op 29 Julie 2020 noodsaaklike kruideniersware ter waarde van R15 000 aan die Lichthuis Tehuis en die Mevrou Lichtenburg Elegant-organisasie geskenk. Die Lichthuis huisves en versorg ongeveer 100 bejaardes, terwyl die Mevrou Lichtenburg Elegant-organisasie voedsel aan sowat 70 hulpbehoewende gesinne voorsien.

Volgens die takbestuur het hulle besluit om hierdie noodsaaklike produkte te skenk om die nood wat weens COVID-19 in die gemeenskap ontstaan het, te help verlig.

“Bejaardes word as van dié kwesbaarste groepe beskou en dit is baie belangrik dat daar na hulle omgesien word. AfriForum sal nie skroom om kwesbare inwoners tydens hierdie krisis te ondersteun nie om sodoende die negatiewe maatskaplike gevolge van die pandemie so ver as moontlik te minimaliseer,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

AfriForum moedig gemeenskapslede en sakeondernemings aan om vandag nog by AfriForum se Lichtenburg-tak betrokke te raak sodat soortgelyke projekte aangepak kan word. SMS “Lichtenburg” na 45351 (R1) en raak betrokke.

Soortgelyke plasings