| | |

AfriForum se Lichtenburg-tak skenk ontsmettingsmiddels aan tehuis vir bejaardes

Die AfriForum-tak in Lichtenburg het op 17 Julie 2020 handreiniger en skoonmaakmiddels aan die Lichthuis-tehuis vir bejaardes geskenk. Ongeveer 150 liter se ontsmettingsmiddels ter waarde van R6 000 is aan dié tehuis geskenk. Die Lichthuis huisves en versorg nagenoeg 100 bejaardes.

“Die Lichthuis het vanjaar baie onvoorsiene onkostes weens die COVID-19-pandemie. Die finansiële druk wat hulle ervaar kan moontlik hul vermoë belemmer om doeltreffend na die bejaardes om te sien. AfriForum het daarom ingegryp om die nood te verlig sodat daar optimaal na die gemeenskap se mees kwesbare inwoners omgesien kan word,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Die takbestuur wil graag die gemeenskap bedank vir hul finansiële bydraes wat hierdie projek moontlik maak. Die tak wil voortgaan om die Lichthuis vir ’n paar maande te ondersteun met handreiniger en ook noodsaaklike voedsel om die finansiële druk verder te verlig. Die tak doen daarom ’n beroep op sowel die lede as die algemene publiek om voort te gaan met finansiële skenkings aan die tak se noodfonds. SMS “Nood” na 32782 (R1) om tot hierdie projek by te dra.

Soortgelyke plasings