| | |

AfriForum se Lichtenburg-tak skenk handreiniger en gesigmaskers

Die AfriForum-tak in Lichtenburg het op 28 April 2020 handreiniger en gesigmaskers aan die gemeenskap geskenk om hulle teen die opdoen van COVID-19 te help beskerm. Altesaam 150 bottels (500 ml per bottel) handreiniger en 350 gesigmaskers is aan Lichthuis Tehuis en Lichtenburg Elegant geskenk. Die Lichthuis Tehuis het 83 inwoners en 52 personeel wat met dié inisiatief beskerm word. Lichtenburg Elegant ondersteun ongeveer 70 behoeftige gesinne met voedsel en gaan hierdie skenking aan die gesinne voorsien.

Dít volg nadat die burgerregteorganisasie die afgelope maand ’n nasionale projek van stapel gestuur het waartydens 15 000 bottels handreiniger aan verskeie polisiestasies, nooddienste en ouetehuise geskenk is. Die organisasie het reeds ook duisende bottels handreiniger en gesigmaskers landwyd versprei.

“Mense gaan in die tydperk wat voorlê al hoe meer aan COVID-19 blootgestel word. Dit is daarom belangrik om die nodige voorsorgmaatreëls te tref om die verspreiding van die virus te verlaag. AfriForum sal voortgaan om kwesbare gemeenskappe by te staan om hulle in hierdie tyd te help beskerm,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om die organisasie se Facebook-blad gereeld te besoek om die nuutste inligting oor die staat van inperking en COVID-19 te kry.

Raak vandag nog by AfriForum se Lichtenburg-tak betrokke en wees deel van die verskil: SMS jou naam na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings