|

AfriForum se Lichtenburg-tak knap pad en parkeerarea voor kleuterskool op

Die jeugvleuel van AfriForum se Lichtenburg-tak het op 13 September 2019 die pad voor Tjokker Kleuterskool opgeknap en geverf. Leerders van die CVO-skool het gehelp om die randstene, parkeerstrepe en vierrigtingstoptekens te verf.

“Hierdie was die jeug se derde verfprojek by Lichtenburg se skole. Ons benodig steeds ’n paar ekstra hande om van hierdie projek ’n blywende sukses te maak en daarom moedig ons die gemeenskap aan om ook betrokke te raak,” sê Gerhard Nieuwoudt, voorsitter van die jeugvleuel van AfriForum se Lichtenburg-tak.

“AfriForum sal, waar ons kan, help om die werk gedoen te kry deur self in te spring en herstelwerk te verrig. Ons is dankbaar dat die jeug elke keer bereid is om te help om die paaie rondom die skole weer vir kinders veilig te maak,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se assistentkoördineerder vir Marico.

Raak vandag nog by AfriForum se Lichtenburg-tak betrokke: SMS “Lichtenburg” na 45351 (R1).

 

Soortgelyke plasings