AfriForum se Lichtenburg-tak bou bande met Noordwes-premier

Die AfriForum-tak in Lichtenburg het op 7 September 2019 met Job Mokgoro, premier van Noordwes, ontmoet tydens die Coligny Peace Festival. Gemeenskapslede het Mokgoro genooi om ’n boodskap van hoop te deel.

Stefan Niemand, voorsitter van AfriForum se Lichtenburg-tak, het die staproete saam met Mokgoro voltooi en oor jeugontwikkeling, werkskepping en infrastrukturele onderhoud gesels. “Mokgoro se reaksie tydens die staptog was baie positief en entoesiasties.”

Daar is ook aan Mokgoro genoem dat die tak op 2 Oktober 2019 ’n inligtingsaand in Lichtenburg gaan hou om die instandhouding van infrastruktuur te bespreek. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gaan die hoofspreker wees en Mokgoro was baie geïnteresseerd om die aand by te woon.

“Inwoners betaal hul erfbelasting en dies meer sodat instandhouding kan plaasvind. Dit is die regering se plig om infrastruktuur te onderhou,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se assistentkoördineerder vir Marico.

Soortgelyke plasings