AfriForum se Kuruman-tak rig stopteken by skole op


AfriForum se Kuruman-tak het die afgelope week ’n stopteken by die drierigtingkruising by Laerskool Seodin en Hoërskool Kalahari opgerig. Dié tak se jeugvleuel is ook van plan om die kruising te verf.
Hierdie stopteken is ’n tyd terug verwyder en lei daartoe dat voertuie deur die kruising jaag, wat ’n gevaar inhou vir inwoners en veral die leerders van hierdie skole.

“Dit is ons plig as gemeenskap om te sorg dat ’n veilige en skoon ruimte geskep word, veral vir ons kinders. Daar waar munisipaliteite versuim om hul plig na te kom, sal ons as gemeenskap sommer self inspring,” sê Pieter Serfontein, voorsitter van AfriForum se Kuruman-tak.

Om by Kuruman se takprojekte betrokke te raak, stuur ’n e-pos aan gonda.louw@afriforum.co.za of SMS “Kuruman” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings