AfriForum se Kuruman-buurtwag trek verdagtes vas


’n Gewapende rooftog het op 8 November 2018 in Kuruman plaasgevind waartydens vyf rowers ’n man onder ’n bewegende vragmotor ingestamp het. Die slagoffer is op die toneel oorlede.
AfriForum se Kuruman-buurtwag en die SAPD het blitsig opgetree en drie van die vyf verdagtes gearresteer, waarna ’n soektog na die ander twee geloods is. ’n Vierde verdagte is in die Tshwaragano-hospitaal in hegtenis geneem nadat verskeie leidrade opgevolg is. Die vyfde verdagte is egter nog op vrye voet.

“Hierdie insident beklemtoon die belangrikheid van samewerking tussen kernrolspelers soos die SAPD en die gemeenskap om misdadigers te help stuit,” sê Pieter Serfontein, voorsitter van AfriForum se Kuruman-tak.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings