AfriForum se Kuruman-buurtwag ontvang opleiding in insidentbeheer

Lede van AfriForum se Kuruman-buurtwag het op 28 Junie 2017 insidentbeheeropleiding ontvang. Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan. Volgens Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap, is professionele opleiding noodsaaklik vir elke veiligheidstruktuur. “AfriForum se buurtwaglede moet te alle tye binne die raamwerk van die reg optree. Dit is verder belangrik dat buurtwaglede die korrekte opleiding ontvang – vir sowel hul eie as die gemeenskap se veiligheid.”

“Die AfriForum-buurtwag is hier om ’n daadwerklike verskil te maak en te help om misdaad te bekamp. Ons moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak en nooi alle veiligheidstrukture uit om saam met die buurtwag te werk,” sê Paul Marais, voorsitter van die veiligheidsportefeulje van AfriForum se Kuruman-tak.
“Hoe meer mense betrokke raak, hoe groter is die impak en verskil wat ons in Kuruman kan maak,” voeg Marais by.

Soortgelyke plasings