|

AfriForum se Kuruman-buurtwag ontvang brandbestrydingsopleiding

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Kuruman-buurtwag het op 9 November 2019 brandbestrydingsopleiding ontvang. Altesaam tien buurtwaglede het die kursus bygewoon wat onderwerpe soos die oorsake van brande, die bestryding van strukturele brande, asook die bestryding van veld- en bosbrande behandel het.

“Hierdie opleiding is belangrik om doeltreffend hulp aan die owerhede te verleen tydens brande. Ons wil graag uitreik na die landelike gebiede om hulle by te staan tydens die bestryding van brande,” sê Paul Marais, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Kuruman-tak.

Raak vandag nog betrokke by AfriForum se buurtwagte: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings