AfriForum se Kroonstad-tak maak die dorp skoon

Die AfriForum-tak in Kroonstad het op 14 September 2019 ’n skoonmaakaksie in die dorp gehou. Dié aksie het agter die ou stadsaal begin en al langs die R76 beweeg. Tydens die aksie het die takbestuur en lede van die gemeenskap rommel opgetel en strate skoongemaak.

“AfriForum se Kroonstad-tak wil graag ’n groter verskil in die gemeenskap maak. Wanneer gemeenskappe begin saamwerk en aan soortgelyke aksies deelneem kan ons soveel meer bereik,” sê Jp Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

Die tak beplan om nog verskeie aksies aan te pak wat tot ’n beter omgewing vir almal sal bydra. Die tak wil ook graag die vrywilligers wat gehelp het bedank en nooi die gemeenskap uit om meer by aksies betrokke te raak en saam ’n verskil in Kroonstad te maak.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Kroonstad” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings