AfriForum se Kraaifontein-tak maak skoon


Die AfriForum-tak in Kraaifontein het op 1 Desember ’n skoonmaakaksie in sekere dele van dié woonbuurt gehou. Dié gebied sluit Okavangoweg en Brightonstraat in, asook die kanaal langs Sarel van Deventerweg.

“Ons woon in ’n mooi area, maar dit is stelselmatig besig om agteruit te gaan. Ons is moeg vir verval en in plaas daarvan om te kla het ons besluit om deel van die oplossing te wees. Daar is in ’n kort tydjie ’n halwe sleepwavrag vullis opgetel. Ons beplan om nog vele soortgelyke projekte aanstaande jaar aan te pak,” sê Christo la Grange, voorsitter van AfriForum se Kraaifontein-tak.

Die tak moedig die gemeenskap aan om deel te word van ’n volhoubare oplossing: SMS “Skoon” na 45265 (R1) om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings