AfriForum se Kraaifontein-buurtwag trek verdagte vas, vind dwelms


AfriForum se Kraaifontein-buurtwag het op 12 Augustus 2018 ’n verdagte vasgekeer wat in die besit van dagga was.
Lede van die buurtwag het twee verdagte persone met twee tasse in hul besit genader, waarna een verdagte op die vlug geslaan het. By nadere ondersoek het die buurtwag dagga in die tasse gevind en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ontbied. Een verdagte is aan die Kraaifontein-SAPD oorhandig.

“Geïntrigeerde samewerking tussen die gemeenskap en die SAPD is van kardinale belang om misdaad te bekamp. Die SAPD het die gemeenskap se hulp nodig,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se streeksveiligheidskoördineerder vir die Wes-, Noord- en Oos-Kaap.

AfriForum moedig die publiek aan om by veiligheidstrukture betrokke te raak en self verantwoordelikheid vir hul veiligheid te neem.
Enige persoon wat by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke wil raak, kan die woord “Veilig” na 45353 SMS (R1).

Soortgelyke plasings