AfriForum se Kraaifontein-buurtwag ondersteun gesin ná huis afbrand


Die AfriForum-buurtwag in Kraaifontein het Maandagaand hulp aan Albert de Waal en sy gesin gebied nadat hul huis en al hul besittings in Gallowaystraat 9 afgebrand het.
Nadat nooddienste deur ’n privaat sekuriteitsfirma ontbied is, het buurtwaglede onder meer verblyfreëlings getref en benodigdhede soos kos, klere en toiletware ingesamel. Die buurtwag kon binne enkele ure twee bakkies vragte – alles skenkings uit die gemeenskap – aan die gesin voorsien.

“Wanneer gemeenskappe saamstaan, kan hulle ’n wesenlike verskil maak; dié voorval dien as bewys daarvan. Ons is dankbaar vir elke skenking en inwoners se omgeeharte,” sê Tommy van Zyl, voorsitter van AfriForum se Kaapstad-Noord-tak.
“Die Kraaifontein-gemeenskap is ’n gemeenskap om op trots te wees,” se André Theron, voorsitter van die Kraaifontein-buurtwag.

 

Soortgelyke plasings