AfriForum se Koster-tak verf padtekens as deel van #OnsDorp-projek


Die AfriForum-tak in Koster het padtekens in die dorp se hoofstraat geverf as deel van ’n nasionale inisiatief waar probleme in dorpe geïdentifiseer en dan self deur die gemeenskap aangepak word.

“Lede van die gemeenskap het elke middag vir ’n week lank aan die verf van die padtekens gewerk en nou is die padtekens op die dorp weer mooi helder gemerk,” sê Andreas Peens, voorsitter van AfriForum se Koster-tak.

Arrie van Staden, voorsitter van die jeugportefeulje by AfriForum se Koster-tak, vertel dat vele inwoners van die dorp die takbestuur bedank het vir die werk wat hier gedoen is. Hy doen ’n beroep op die gemeenskap om by projekte wat die tak in Koster loods, betrokke te raak.

Soortgelyke plasings