| |

AfriForum se Klerksdorp-tak en gemeenskap staan saam

Die AfriForum-tak in Klerksdorp het R40 000 aan ’n plaaslike verspreidingsgroep geskenk vir die aankoop en verspreiding van nagenoeg 135 kospakkies. Die voedselpakkies bestaan uit noodsaaklike items soos mieliemeel, blikkieskos, tee, suiker, kookolie en toiletpapier. Babakos en -klere word ook voorsien waar nodig.

Verskeie gemeenskapsorganisasies, kerke, ondernemings en buurtwaglede is sedert die aanvang van die staat van inperking aktief besig om gemeenskappe in voedselnood te ondersteun. Plaaslike ambulans- en sekuriteitsdienste het ook hulp aangebied met die verspreiding van voedsel.

Die Klerksdorp-tak het ook aan die begin van die inperking handreiniger, gesigmaskers en handskoene aan personeel van verskeie tehuise en instansies voorsien wat na kwesbare mense omsien.

“Die Klerksdorp-tak se bestuur bedank die publiek vir hulle volgehoue bydraes en skenkings. ’n Gemeenskap wat in ’n tyd van nood onbaatsugtig gee, maak hulpverlening soos hierdie moontlik,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Kontantbydraes kan aan die AfriForum-noodfonds gemaak word:

Naam: AfriForum NPC
Bank: Absa
Rekeningnommer: 406 681 9334
Takkode: 632005
Verwysing: Jou dorp se naam

Produkte soos vars groente, voedsel en klere kan by Romke de Jong afgelewer word te Ianstraat 46, Wilkoppies, Klerksdorp.

“Dit is verblydend dat die gemeenskap hande vat en saamstaan teen die groot nood en werkverlies wat COVID-19 veroorsaak het. Saam sal ons deur hierdie krisis kom,” sluit Pretorius af.

Enige navrae rondom skenkings kan aan Frans Roos van AfriForum (083 378 8826) en Romke de Jong van Future Forward (074 428 7777) gerig word.

Soortgelyke plasings