AfriForum se Kimberley-buurtwag hou massapatrollie


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Kimberley-buurtwag het op 11 Februarie 2017 tussen 22:00 en 02:00 ’n massapatrollie in dié stad uitgevoer om veiligheid op te skerp en sigbare polisiëring te verhoog.

“Dit is vir my ’n riem onder die hart dat die buurtwaglede en vrywilligers ondanks die reënerige weerstoestande steeds bereid was om die patrollie uit te voer. AfriForum is dankbaar vir elke persoon wat sy tyd opoffer om ’n verskil te maak,” sê Gideon Gouws, voorsitter van AfriForum se Kimberley-tak.

AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap van Kimberley om by die plaaslike tak betrokke te raak en aktief deel te neem aan die aktiwiteite van die buurtwag. Vir meer inligting hieroor, stuur ’n e-pos na linja@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings