|

AfriForum se Kempton Park-tak vervang mangatdeksel

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Kempton Park-takbestuur in het op 18 Februarie 2020 ’n mangatdeksel voor ’n kompleks vervang nadat ’n lid van die gemeenskap die tak genader het om die oop mangat te bedek.

Die tak het die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit genader om die deksel te vervang omdat die oop mangat baie gevaarlik is. Die Metro se poging het egter nie aan die bywette en voorgeskrewe diensvoorwaardes voldoen nie. Die tak het dit weer onder die Metro se aandag gebring, maar geen terugvoer ontvang nie. Die tak was daarom genoop om die deksel self aan te koop en te vervang.

“Klein dade soos dié dien as bewys dat mens werklik ’n verskil kan maak as daar op gemeenskapsbelange gefokus word,” sê Jan Vermaak, voorsitter van AfriForum se Kempton Park-tak.

Raak vandag nog by hierdie AfriForum-tak betrokke: SMS “Kempton Park” na 45342 (R1) of stuur ’n e-pos na afriforum.kemp@gmail.com.

Soortgelyke plasings