|

AfriForum se Kempton Park-buurtwag maak ’n verskil in Maart

Die AfriForum-buurtwag in Kempton Park het die plaaslike gemeenskap in Maartmaand deurlopend bygestaan en verskeie voorvalle hanteer.

Die buurtwag het suksesvol aan die volgende aksies deelgeneem:

  • Hulp aan ’n inwoner wat uit sy rolstoel geval het;
  • Bystand tydens ’n aanrandingsvoorval;
  • Bystand tydens ’n arrestasie;
  • AfriForum se nasionale patrollie waartydens nege patrolleerders 529 km in nege voertuie afgelê het;
  • Operasionele bystand aan ’n hawelose man wat mediese sorg by ’n hospitaal benodig het;
  • Ontbied nooddienste om ’n bejaarde dame wat geval het na ’n hospitaal te vervoer;
  • Ontbied nooddienste, sper die pad af en reguleer verkeer op ’n ongelukstoneel waar ’n 16-jarige seun raakgery is;
  • Gebruik saam met SecPros Sekuriteit ’n selfoonsein om ’n voertuig wat tydens ’n gewapende rooftog gesteel is, in Tembisa op te spoor; en
  • Hulp met brandbestryding in samewerking met SSS Sekuriteit en SecPros Sekuriteit se brandwa.

Volgens Jan Vermaak, voorsitter van AfriForum se Kempton Park-tak, is dit belangrik om aktief en sigbaar in die gemeenskap te wees om kriminele elemente uit die gebied te dryf. “Ons is verantwoordelik vir ons eie veiligheid en kan dit bereik deur op ’n gemeenskaplike doel te fokus.”

Soortgelyke plasings