AfriForum se Keimoes-buurtwag ontvang opleiding in regsaspekte


Lede van AfriForum se Keimoes-buurtwag het op 26 Maart 2019 opleiding in regsaspekte ontvang. Dié opleiding vorm deel van die voordele wat AfriForum aan sy lede bied en bemagtig ook buurtwagpatrolleerders om korrek en binne die raamwerk van die wet op te tree.

Johandré van Zyl, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die Noord-, Oos- en Wes-Kaap, het die opleiding aangebied. Nagenoeg 20 buurtwaglede het dit bygewoon.

“Dit is bemoedigend om die betrokkenheid van gemeenskapslede te sien, asook hoe elkeen bereid is om die veiligheid van hul eie gemeenskap te prioritiseer,” sê Van Zyl.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings