AfriForum se Kathu-tak skerp padveiligheid op


Die AfriForum-tak in Kathu het padveiligheid rondom Laerskool Kathu opgeskerp. Die projek is in samewerking met lede van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) op dié dorp aangepak.

“Die AfriForum-tak reël ook tydens spitstye skoolpatrollies by die laerskool en help met verkeersbeheer,” sê Gonda Louw, AfriForum se streekskoördineerder vir die Kalahari.
“Daar was ’n behoefte aan padtekens, veiligheidsborde, aanwysings en lyne wat geverf moes word. Ons kinders se veiligheid is vir die hele gemeenskap belangrik en dit is hoekom die tak besluit het om in te gryp,” sê Carel Reyneke, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Kathu-tak.
“Ons moedig mense aan om betrokke te raak by AfriForum se Kathu-tak en -buurtwag. Saam kan ons misdaad bestry en ons dorpe veiliger maak vir almal,” sluit Louw af.

Wys jou steun vir dié aksie deur “Kathu” te SMS na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings