AfriForum se Kathu-tak eis dringende antwoorde

 

AfriForum se Kathu-tak het ’n brief aan die munisipale bestuurder van die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit gerig waarin dié tak dringende antwoorde oor watervoorsiening in Kathu eis. Sedibeng Water beperk water in Kathu omdat dié munisipaliteit hulle ’n groot bedrag geld skuld.

“Ons voel dat dit onregverdig is dat belastingbetalende inwoners gestraf word omdat die munisipaliteit nie sy skuld vereffen nie,” sê Gonda Louw, distrikskoördineerder vir die Kalahari. “Ons is bekommerd oor die munisipaliteit se swak finansiële bestuur en ons wil weet wat van die geld word.”

Sy vertel ook dat AfriForum se Kathu-tak met die departement van samewerkende regering en tradisionele sake in verbinding getree het om tussenbeide te tree.
Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Kathu” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings