AfriForum se Kaapstad-Noord-tak maak munisipale pompstasie skoon


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het die afgelope naweek in samewerking met die Voortrekker Road Corridor Improvement District die munisipale pompstasie in Oakdale, Bellville skoongemaak.
Dié pompstasie was in ’n haglike toestand nadat boemelaars en dwelmverslaafdes dit as ’n skuilplek gebruik het. AfriForum se Bellville-buurtwag het die pad voor die pompstasie by hul patrollieroete bygewerk en sal voortaan ’n wakende oog oor die pompstasie hou om te voorkom dat dit weer agteruitgaan.

“Dis verblydend om te sien dat mense deurlopend verantwoordelikheid neem vir hul omgewing,” sê Tommy van Zyl, voorsitter van AfriForum se Kaapstad-Noord-tak.

Om by AfriForum se Kaapstad-Noord-tak betrokke te raak, stuur ’n e-pos na deon.dejager@afrifroum.co.za en maak ’n verskil.

Soortgelyke plasings