AfriForum se Kaapstad-Noord-tak help om vermeende inbreker te arresteer


AfriForum se Bellville-buurtwag, wat deel vorm van dié burgerregte-organisasie se Kaapstad-Noord-tak, het op 2 Junie 2019 vanaf 02:00 tot 07:00 patrollie gehou nadat verskeie voertuiginbrake in die voorafgaande week in Bellville aangemeld is.

Tydens die patrollie is ’n persoon op heterdaad betrap terwyl hy by ’n voertuig ingebreek het. Basset North Security en die SAPD is ontbied, waarna die polisie die vermeende inbreker gearresteer en ’n saak teen hom oopgemaak het.

“Dis verblydend om te sien dat gewone burgers bereid is om hul tyd vrywilliglik op te offer om ’n verskil te maak en hul gemeenskappe veilig te hou,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Soortgelyke plasings