AfriForum se Hoogland-buurtwagte neem deel aan nasionale patrollie

Die AfriForum-buurtwagte in Bethlehem, Bultfontein, Harrismith, Odendaalsrus, Steynsrus, Welkom, Winburg, Ventersburg en die Sandrivier-distrik het op 13 Maart 2020 aan dié organisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die patrollie is tussen 18:00 en 06:00 in samewerking met die polisie, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies in die onderskeie dorpe uitgevoer.

Die Hoogland-buurtwagte se betrokkenheid by die nasionale patrollie was ’n reusesukses. Altesaam 90 patrolleerders het 1 983 km in 51 voertuie afgelê. 25 verkeersake is aangemeld, wat uitstaande boetes en verkeersoortredings insluit.

“Die Hoogland-buurtwagte sal aanhou om veiligheidskwessies in dorpe op te los en sigbaarheid in die streek te verbeter. Veiligheid is baie belangrik in enige gemeenskap en die AfriForum-takke neem dit ook baie ernstig op. Met goeie samewerking tussen AfriForum-buurtwagte, die SAPD en ander rolspelers kan ons soveel meer bereik,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

Word deel van die oplossing en raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak en ‑buurtwag betrokke: SMS jou dorp se naam na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings