AfriForum se Hoogland-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel


Die AfriForum-buurtwagte in Bultfontein, Harrismith, Winburg en die Sandveld-distrik het op 8 Maart 2019 aan dié organisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid op te skerp. Die patrollie is in samewerking met die SAPD, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies van 16:00 tot 06:00 in die onderskeie gebiede uitgevoer.

Altesaam 315 patrolleerders het vir 1 171 manure aan die patrollie deelgeneem. Hulle het verder 6 699 km in 213 voertuie afgelê waartydens 45 arrestasies gemaak en 49 verkeersake hanteer is. Bystand is verleen tydens aanrandingsake, asook inbraak verwante sake.

“Die Hoogland-buurtwagte sal aanhou om hierdie tipe aksies aan te pak en meer sigbaarheid in die onderskeie dorpe te verseker. Veiligheid is ’n baie belangrike deel van enige gemeenskap en daarom neem ons dié aksies baie ernstig op. In samewerking met die SAPD en al die ander rolspelers kan ons soveel meer bereik in die geveg teen misdaad,” sê JP Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.
“Die nasionale patrollie was ’n reusesukses en die bewyse hiervan kan gesien word aan die resultate wat bereik is. Saam kan ons meer bereik en ’n veiliger omgewing vir elkeen skep,” sluit Nel af.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings