| |

AfriForum se Hoogland-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel

Die AfriForum-buurtwagte in Bultfontein, Harrismith, Odendaalsrus, Welkom, Winburg, die Sandrivier-distrik en Ventersburg het op 4 Oktober 2019 aan dié organisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid op te skerp. Die patrollie is tussen 18:00 en 06:00 in samewerking met die polisie, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies in die onderskeie gebiede uitgevoer.

Die Hoogland-buurtwagte se betrokkenheid by die nasionale patrollie was ’n reusesukses. Altesaam 235 patrolleerders het 4 116 km in 120 voertuie afgelê. Ses verkeersake is aangemeld, wat uitstaande boetes en verkeersoortredings insluit.

“Die Hoogland-buurtwagte sal aanhou om veiligheidskwessies in dorpe op te los en sigbaarheid in die streek te verbeter. Veiligheid is baie belangrik in enige gemeenskap en die AfriForum-takke neem dit ook baie ernstig op. Deur goeie samewerking tussen AfriForum-buurtwagte, die SAPD en ander rolspelers kan ons soveel meer bereik,” sê Jp Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

Word deel van die oplossing en raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak en ‑buurtwag betrokke: SMS jou dorp se naam na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings