AfriForum se Hoogland-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel


Die AfriForum-buurtwagte in Bethlehem, Bultfontein, Harrismith, Odendaalsrus, Ventersburg, Winburg en die Sandrivier-distrik het op 17 Mei 2019 aan dié organisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid op te skerp. Dié patrollie is van 18:00 tot 06:00 in samewerking met die polisie, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies in die onderskeie gebiede uitgevoer.

Die betrokkenheid by die nasionale patrollie was ’n reusesukses. Altesaam 245 patrolleerders het 5 891 km in 145 voertuie afgelê. 91 voertuie is tydens die patrollie afgetrek, twee arrestasies is gemaak en 21 verkeersake – wat boetes, uitstaande boetes en verkeersoortredings insluit – is hanteer.

“Die Hoogland-buurtwagte sal aanhou om die veiligheidskwessies in dorpe aan te pak en sal voortgaan om sigbaarheid in die streek te verbeter. Veiligheid is baie belangrik in enige gemeenskap en die AfriForum-takke neem dit ook baie ernstig op. As gemeenskappe kan saamstaan en die goeie samewerking tussen AfriForum-takke, die SAPD en ander rolspelers behou, kan ons soveel meer bereik,” sê Jp Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.
“Die nasionale patrollie was ’n reusesukses en die bewyse hiervan kan gesien word aan die resultate wat bereik is,” sluit Nel af.

Wees deel van die oplossing en raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag betrokke: SMS jou dorp se naam na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings