AfriForum se Hoëveld-buurtwagte neem deel aan nasionale massapatrollie


Op 8 Maart 2019 het AfriForum se buurtwagte in Secunda, Standerton, Piet Retief, Delmas, Eloff en Argent in samewerking met sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies verskeie ondernemings in dié dorpe en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem in ’n poging om dié dorpe veiliger te maak en sigbaarheid van veiligheidsdienste daar te verhoog. Die aksie het omstreeks 16:00 begin en het deur die nag voortgeduur tot 06:00 die volgende oggend.
Die patrollie is deur 328 patrolleerders bygewoon. ’n Totaal van 6 912 km is deur 206 voertuie in 1 348 manure afgelê. Bystand is tydens ’n voorval van ’n huisbrand, verdagte voertuie in ’n woongebied, verdagte persone in erwe en verskeie motorongelukke gebied.

“Om gereeld patrollies in gemeenskappe te hou in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies is doeltreffend om misdaad te bekamp en om vir almal ’n veiliger omgewing te skep,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.

Soortgelyke plasings