| | |

AfriForum se Hertzogville-tak skenk handreiniger

Die AfriForum-tak in Hertzogville het op 14 Mei 2020 handreiniger aan die plaaslike polisiestasie en die Amandelhof-ouetehuis geskenk.

Altesaam 10 liter handreiniger is aan dié instansies geskenk. Die Amandelhof-ouetehuis het groot waardering getoon en die tak bedank vir die skenking en ondersteuning gedurende die staat van inperking.

“Ons probeer om te help waar ons kan met wat ons het. Dit is ’n groot voorreg om mense wat daagliks belangrike werk doen tydens die pandemie te ondersteun,” sê Petrus Meintjies, voorsitter van AfriForum se Hertzogville-tak.

“Ons doen ’n beroep op die inwoners van Hertzogville om betrokke te raak by AfriForum se Hertzogville-tak sodat die tak die gemeenskap tydens en ná die pandemie kan ondersteun,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings