| | |

AfriForum se Hertzogville-tak help behoeftiges

Die AfriForum-tak in Hertzogville het kospakkies opgemaak om gemeenskapslede wat deur die COVID-19-pandemie geraak word, te ondersteun. Die tak het op 23 April 2020 kospakkies aan behoeftige inwoners geskenk en behoeftige inwoners van Amandelhof Dienssentrum het ook pakkies ontvang.

“Baie mense verkeer in hierdie tyd in nood en daarom help die tak graag. AfriForum sal aanhou om gemeenskapslede by te staan en om ondersteuning en hulp te bied waar ons kan,” sê Petrus Meintjies, voorsitter van AfriForum se Hertzogville-tak.

“Baie dankie aan AfriForum vir die hulp. Die bejaardes wat hier tuisgaan het dit vreeslik waardeer en die pakkies broodnodig gehad,” sê San-Mari Erasmus, bestuurder van Amandelhof Dienssentrum.

Die tak nooi die gemeenskap uit om betrokke te raak by hul projek om behoeftiges te ondersteun. Kontak gerus vir Meintjies by 062 505 2764 indien jy wil help.

Word deel van die verskil en raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou dorp se naam na 31481 (R1). Saam kan ons meer verrig.

Soortgelyke plasings